ONS MISSIE
Ons handhaaf dissipline en ordelikheid in ons kindgesenteerde sentrums met begrip en liefdevolle harte. Ons maak herinneringe saam die kinders.
ONS PERSONEEL
Ons het van die beste personeel om jou kind se veiligheid en gemaklikheid te verseker. Ons personeel is lief vir kinders en het 'n passie vir hulle werk
ONS SENTRUMS
Ons het die voorreg om twee Woekerwerf Nasorg Sentrums te besit en beskikbaar te maak aan leerders in die Hennopspark en Bakenkop area.
WOEKERWERF
WAAR ELKE DAG SE KINDWEES GEBOTTEL WORD EN HERINNERINGE GEMAAK WORD
ONS STORIE
HENNOPSPARK OPEN
Die 19 Oktober 2015 merk die begin van Woekerwerf Nasorg Sentrum se bestaan, met 'n handjie vol vriendelike gesiggies en ywerige personeel wat die nuwe eienaars met ope arms ontvang. Ons was so opgewonde oor die moontlikhede wat vir Woekerwerf wink.
ONS GROEI
In twee jaar was daar baie geleer, gelag en geniet by Woekerwerf Nasorg Sentrum. Onderwsyers, kinders en ouers voel reeds dat Woekerwerf 'n tuiste geword het, en nie net 'n nasorg sentrum nie. Ons het intussen tussen deur die skoolwerk, die terein opgeknap!
BAKENKOP OPEN
Ons wildste drome word oortref toe ons die geleentheid gegun word om 'n tweede nasorg sentrum te begin. Op 1 Februarie 2019 maak Woekerwerf Nasorg Sentrum hulle bestaan in die Wierdapark-area. Ons nuwe avontuur het afgeskop met baie opgewondenheid.
VAN KRAG TOT KRAG
Met twee spanne en 25 lojale, ywerige personeel-lede versorg ons daagliks vriendelike kindertjies tussen die sentrums. Ons kyk na mekaar, versorg en ondersteun mekaar. Gedurende die pandemie neem ons hande en besef opnuut die betekenis van omgee en saamstaan
DIE TOEKOMS WINK
Woekerwerf kyk met groot entoesiasme en afwagting na die toekoms. Ons twee staatmakerspanne is gereed om vir ons maatjies ‘n tuiste weg van die huis af te skep. Woekerwerf se visie loop deur ons bloed
“Waar elke dag kindwees gebottel word”
2015
2017
2019
2021
2022+