MEER OOR ONS
In ons kindgesenteerde sentrums handhaaf ons dissipline en ordelikheid met begrip en liefdevolle harte. Daar word daagliks individuele aandag geskenk aan leerders: in die eetsaal, studielokaal asook op die speelterrein. In ons kindgesenteerde sentrums handhaaf ons dissipline en ordelikheid met begrip en liefdevolle harte. Personeel bied hulp aan leerders met hulle huiswerk sowel as die voorbereiding en hersiening gedurende eksamentye. Tydens die vakansie word daar tyd ingeruim vir kunsvlyt en handwerkprojekte alhoewel speel, speel en nogmaals speel prioriteit is.
ROETINE
VRIENDELIKHEID
LIEFDEVOLHEID
Beide ons nasorg sentrums is binne loopafstand vanaf die laerskool. Woekerwerf Hennopspark is reeds meer as 'n dekade in bedryf en Bakenkop reeds meer as drie jaar. Die bestuur van Woekerwerf streef daarna om 'n warm hartlike tuiste te skep. 'n Tuiste weg van die huis. Daar word met liefde en deernis omgesien na elke Woekerwerfmaatjie en ouer.
ONS PERSONEEL
HENNOPSPARK
BAKENKOP